JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2017-11-28
Lekker somer vakansie in die Helderberg in Desember


Ek hou sedert Vrydag lekker vakansie hier in die Helderberg. Wel dit is ‘n kort vakansie want Maandag is ek terug by die werk. Ek werk Vrydae slegs tot 14:30. Met die son wat in die somer so laat sak is elke somers naweek eintlik ‘n lang naweek.

Daar is nog drie weke van werk oor voordat ons klerefabriek sluit vir ons jaarlikse 3 weke vakansie. Ons is gelukkig om teenaan die see in die strand by Greenways te bly. Hier is 24 uur sekuriteit, ‘n mashy golf baan en dan natuurlik die see.

Ons verwag vanjaar weer ‘n instroming van binnelandse toeriste. Dit is julle wat dalk hierdie blog inskrywing via ‘n Google soektog sal vind.

Wat maak vakansies in die Helderberg tydens Desember lekker?

Eerstens is die weer meestal baie goed. Vandag waai die wind terwyl ‘n frontale stelsel dieper in die see verby beweeg. Ons het groot waterprobleme in die Kaap so vandag is ek nie bly oor hierdie koue front wat ons gemis het nie. Ons was noudie dag slegs vir vier ure op die strand en almal van ons het gebrand. Wel Ella die baba se boudjies het gebrand want sy het orals son room aangehad behalwe op haar boudjies. Aangesien sy bietjie ouer as twee is neem dit nie vir haar lank om haar doek uit te trek as sy op die Strand is nie.

Die Strand en Gordonsbaai het baie lekker strande. Plek, plek is die water nie so koud nie.Hier is talle winkels om roomys te kyk en baie meisies in bikinis om na te kyk. Meisies wat vir jou oom en tannie noem. Vakansies is duur en met die ekonomie wat knyp is Strand toe gaan en jou eie broodjies saam neem seker baie se voorland. Vir diegene wie gelukkiger is het ons baie lekker restaurant om te besoek. Ek is mal oor Antonios by Harbour Island se Pizza en Berties Mooring ook by Harbour Island bedien baie lekker mossels en room en ‘n steak wat jou sal laat dink jy is by een van Pretoria se top restaurant. Dan is daar nogander restaurant soos Turn and Tender en Bens op die strandfront van die Strand waar ek nog nie was nie. Met ‘n laatlammetjie in die huis is ons weer geswore Spur ondersteuners. Die Spur in Gordonsbaai is glad nie sleg nie. Dit is ook baie lekker op die Strandfront van Gordonsbaai.

Desember is ‘n lang vakansie en mens moet mooi beplan dat jou finansies reg uitwerk. My kop staan eerder na braai by die huis en sulke dinge. My dogter wat in Pretoria woon kom kuier vir twee weke so ek dink soos ‘n vakansieganger sodat ek dit vir haar lekker kan maak. Die kinders dink altyd dit is groot pret om my in die koue see in te sleep.

Die Helderberg is lekker naby aan verskeie wynroetes. Wyn drink en bestuur gaan nie hand aan hand nie so ons doen nie wyntoere nie maar die is beskikbaar. Hier is baie lekker market soos Route 44 , Lourensford en Vergelegen. Vergelegen se Runner Duck Rooiwyn is tans my gunsteling wyn. Ons kleintjie is mal oor die kinderhoekie by Vergelegen se mark.

Ek self is lief vir Hengel en dit is nou die tyd om die gerei uit te haal en voor te berei vir die somer. Daar is mense wie harder werk as ek as dit kom by Hengel wie meer gereeld sukses behaal. Hulle spog gedurig op Facebook met hul vangste so ek weet die vis is daar. Baie gereeld is dit egter die ouens wie in die aande hengel en tensy jy in ‘n groep is kan dit ‘n gevaarlike storie wees om alleen in die nag te hengel. Die kuslyn na Bettiesbaai se kant is ook goeie hengelwater maar ook berug dat gesoute hengelaars daar seerkry en of verdrink. Die rotse en see is gevaarlik as jy nie jou staan ken nie. Daar is veiliger strand hengel opsies beskikbaar op die strande. Min dinge so lekker soos om ‘n laat somersaand , vistok in die hand met ‘n weggesteekte biertjie of wyntjie in die hand , op die strand te spandeer en die see te ruik terwyl die stilte en mooi sonsondergange geniet word nie.

‘n Daguitstappie na Gansbaai area is ook ‘n lekker ding om te doen. Net buite Gansbaai, naby Stanford is Birkenhead mikro bier brouery, my gunsteling boetiek bier.  Ek is nie seker hoe dit tans gaan met die Haaiduik bedryf in Gansbaai nie. Laas toe ek gehoor het , het dit glad nie goed gegaan nie want die Orcas het ingetrek en begin jag maak op die haaie. Die haaie is maar skaars en mense betaal nie so maklik die Haaihokduik pryse as hulle nie ‘n haai gaan sien nie.

As jy nog wonder wat om te doen en wat is lekker vra gerus op Facebook in een van die Helderberg se groepe. Jy sal baie vining ‘n lang lys van aktiwiteite kry wat voorgestel word. Ook hier op die webwerf het ons begin met die saamstel van so ‘n lys van top aktiwiteite.

Drie weke om te gaan na die Desember vakansie is nie lank nie. Die tyd van die jaar is mens maar moeg en wonder mens maar oor finansies. Die dat ek nie nou hier besoeke aan Tafelberg, Robbeneiland en dies meer noem as moontlikhede nie. ‘n Dagbesoek aan Kalkbaai is dalk die moeite werd as jy bietjie geduldig met die verkeer is.

Daar is soveel in die Helderberg en rondom die Helderberg te doen. Hier is nie ‘n tekort aan lekker doendinge nie. As mens Finansies Onbeperk is kan jy souself lekker lank besig hou met allerhande interessante dinge. Franshoek is net om die draai en die tuiste van van die beste restaurante in Suid-Afrika. Hier in die Helderberg is ook ander top restaurant soos Waterkloof in Somerset-Wes. Vir die meeste van ons is Toasted Sandwiches en ‘n Roomys op die strand ons voorland en as jy ‘n goeie sonbril het kan jy na die meisies in die Bikini loer sonder dat jou vrou haarself vererg.

Ek hoop dit is ‘n lekker Desember vakansie vir almal.



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 0 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo