JOIN OUR MAILING LIST
Blog


2017-08-17
Fynbos, Klipspringers en Luiperds


In en rondom die Helderberg is ons bederf met van die mees asemrowendste natuurskoon. Ongelukkig is die Krugerwildtuin baie ver vanaf Kaapstad en die Helderberg vir diegene wat opsoek is na 'n bosveldervaring en die opwinding van na die groot 5 soek.

Maar hier is steeds Luiperds in die berge rondom die Helderberg. Vir my is die Luiperd een van die mooiste diere in die diereryk en beslis 'n dier wat baie aanpasbaar is om te kan oorleef. Dit is my wens om een van die Kaapse Luiperds eendag raak te loop (of liewers te besigtig). Die Kaapse Luiperds is effens kleiner gebou as sy noordelike eweknie maar dit is nie 'n verskillende spesie nie. Van tyd tot tyd is mense wel gelukkig om van die Luiperds tee te kom. In die meeste gevalle word luiperds slegs afgeneem deur versteekte kameras. Die Luiperds loop daagliks oor ongelooflike groot afstande.

Op 11 Junie 2016 het 'n plaaslike inwoner van Bettiesbaai, Jacques Jordaan, 'n luiperd in sy tuin gewaar. Hierdie einste Luiperd was verantwoordelik vir die dood van meer as 33 Afrika of Brilpikkewyne van Bettiesbaai en daar is vir 'n oomblik gevrees dat hierdie Luiperd van kant gemaak sou word. Sien die video hieronder wat Jacques geneem het.

 

Daar is ook kleinwild soos Klipspringers in die berge. As jy weet waarna om te soek en vir die berge kyk op Clarence Drive (Die R44 tussen Gordonsbaai en Kleinmond) terwyl jy nie vinnig bestuur nie (of terwyl iemand anders bestuur) dan sal mens hulle kry.

Die gebied staan bekend as die Kogelberg Biosfeer.

Die Kogelberg is die tuiste van meer as 1,800 plante spesies waarvan 77 spesies endemies is en nêrens anders in die wêreld voorkom nie.

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo