JOIN OUR MAILING LIST

Top dinge om te doen in die Helderberg

Wat is die top aktiwiteite om te doen tydens jou vakansie in die Helderberg? Ons het hierdie vraag gedurende Augustus 2017 op ’n plaaslike Facebook groep (Strand, Somerset Wes, Gordonsbaai en Stellenbosch) gevra en baie reaksie gekry. Sluit gerus by die groep aan en kry gratis advies van die lede van die groep.

Hierdie vakansie webwerf oor die Helderberg in Afrikaans is natuurlik gemik op die plaaslike binnelandse toerisme mark en dit is die mark wat ons die graagste van diens wil wees met hierdie vakansiewebwerf oor die Helderberg.

Elke persoon het sy eie idees van die top dinge om te doen in die Helderberg, en so ook die hoofskrywer van hierdie webwerf.

Hierdie bladsy word puntsgewys uiteengesit. Kliek op die skakels om meer te lees en neem deel aan die gesprekke op die Helderberg Vakansieforum. (Een van die min reels is dat u saamgesels in Afrikaans en niemand slegsê nie, doen dit liewers in privaat of gaan na Tripadvisor.)

Heel bo aan die lysie van die skrywer van hierdie webwerf is die mooi strand van die Strand. ’n Mens wil immers nie al die pad van die binneland reis en nie jou voete in die see sit en bietjie lyf natmaak nie. Die grootste bonus van om die strande te besoek is dat dit goedkoop is en as jy mooi beplan kan Pa visvang terwyl die vrou en kinders besig is om te ontspan en speel. Asa jou kinders klein is moet beter onderhandel word oor die hengel en agter die kinders aan hardloop.

Daar is nog mooi ander strande in die omgewing soos Bikini Strand of Bettiesbaai se strand waar geswem en gehengel kan word. Wees voorbereid daarop dat as jy nog nooit in die Kaapse waters geswem het nie dat die see bietjie koeler hier is as in Natal.

Die meeste strande laat geen alkohol toe op die strande nie en dit word toegepas deur die owerhede. Alkohol en swemveiligheid gaan nie hand in hand nie. Die see moet te alle tye gerespekteer word, veral wanneer daar van onbekende rotse gehengel word. Selfs sonder die onvoorspelbare see kan mens lelik seerkry as jy nie bekend is met die plaaslike hengelplekke en gly en val op die rotse.

Ons het dan nou reeds onwillekeurig verwys na die tweede top vakansie ding om te doen tydens jou vakansie in die Helderberg naamlik Hengel. Hengel in Kaapse waters verskil baie van Hengel in Natal, die Oos Kaap of die Wildekus. Ons brei verder op hierdie webwerf uit oor plaaslike Hengeltoestande en wenke. Kom ons begin met ons lysie van die top Vakansie aktiwiteite in die Helderberg:

1.) Besoek een van die mooi strande in die Helderberg of omgewing

2.) Hengel vanaf die rotse, strand of per boot

3.) Braai by die huis (vakansies is duur en braai is lekker) – (Aanbevole Helderberg Slaghuise)As jy op die skakel kliek sal jy kan lees waar om die beste vleis in die Helderberg te kan koop tydens jou vakansie.

4.) Stuur vir vroulief na een van die talle winkelsentrums met jou kredietkaart. (Ons gaan hulle almal nie hier lys nie want hulle kan winkels uitsnuffel sonder enige hulp.) Dit is dalk duur maar tog nodig want mens kan nie net vleis eet wanneer jy braai nie en dit gee jou bietjie meer vryheid wanneer jy byvoorbeeld Golf wil speel. Somerset Mall

5.) Gaan speel Golf op bane soos Strand, Erinvale of Arrabella. (Punt 5 word na punt 4 gelys om bietjie balans te probeer bewerkstellig maar omrede punt 5 makliker geimplementeer word nadat punt 4 in plek is.) Lys van top golfbane in of naby die Helderberg

Ek glo dat punte een tot vyf die mees basiese vakansiedoendinge van die deursnee gemiddelde Suid Afrikaner dek. Ons sal verder uitwei op hierdie webwerf met meer detail en wenke sodat ons webwerf sy doel dien van om ’n handige Afrikaanse gids te wees vir vakansies in die Helderberg.

Kom ons gaan verder dan as die basiese lekker vakansiedinge:

6.) Neem ’n rit op Clarence drive, een van die mooiste roetes in die wêreld. Hierdie roete vanaf Gordonsbaai na Kleinmond of dalk verder aan tot in Hermanus of selfs Gansbaai is so besonders en word in meer detail hier beskryf: R44 Clarence Drive, Mooiste Roete in die Kaap.

7.) Besoek Monkeyworld in Somerset Wes

8.)Ry op die N2 verby die padstalletjies en besoek die Botrivierhotel

9.)Ry op die N2 na Grabouw en hou stil by een van die padstalletjies - Sien Helderberg Padstalletjies

10.) Kom ooreen op ’n bestuurder vir die dag en vaar Stellenbosch, Franshoek of   dieper die Boland in hou jouself voor as wynproewer van formaat. Lees gerus hier oor hoe om jouself voor te hou as “die uwe” en die moets en moenies van wynproe.

10.) Ry na Kaappunt vir die dag, stop by Kalkbaai

11.) Besoek Simonstad – Lees oor Simonstad se akkommodasie en doendinge van die Suid Kaap, ons susterswebwerf www.simonstad.co.za .

12.) Gaan stap op ’n staproete

13.) Besoek die Harold Porter Botaniese Tuin in Bettiesbaai

14.) Besoek die Pikkewyn Kolonie van Bettiesbaai

15.) Besoek 'n boeremark - Sien Helderberg Boeremarkte

16.) Ry na Kalkbaai, werkende hawe en koop vars vis

Lees meer ...

17.) Luister lewendige na bekende musiek kunstenaars by Berties Mooring

Terug Terug na bo